SKOOLLIED

“Reik Hoog!”

Woorde en musiek: Rudi Neitz

 

Hoog “Reik Hoog!” Kameelfontein

Vaandel van ougoud en blou.

Hoog “Reik Hoog!” Ons werk en wen.

Jy is ons lewensdeur!

 

Al staan ons soms enkel, alleen –

Saam sal ons werk en wen!

Hoop, geloof en liefdesmag,

daaruit groei ons krag!

 

In klas en kultuur,

op groen sportveld,

word groot en klein ‘n held!

 

Hoog, “Reik Hoog!”

Hy neem ons hand

God is ons sterke Heer!

 

Vader seën ons werk:

In swakheid is ons sterk!

Kultuurhoof – Juf. Cathy Smit

By Laerskool Kameelfontein blom kultuur! Ons leerders presteer jaarliks puik, veral op nasionale vlak, waar ons spanredenaars al nasionale oorwinnings behaal het. Op individuele vlak het van ons kinders al telke redenaarskompetisies die finaal bereik – en selfs gewen – wat hul selfvertroue en vaardigheid op die verhoog duidelik wys.

 

By die Kungwini Eisteddfod wys ons leerders hul talente in verskeie afdeling en stap jaarliks weg met hoë lof. Ons koor is ’n trotse hoogtepunt van die skool, en hul pragtige sang bring glans en gees na elke geleentheid. Kultuur leef hier – elke leerder kry die geleentheid om te skitter!

 

Kultuurorganiseerders

Junior Koor en Senior Sanggroep – Juf. Olga Murray en Juf. Marié Brits

Senior Spreekkoor – Juf. Ilse Jordaan, Juf. Suné Haasbroek en Meghan Kelly

Redenaars – Juf. Jana Da Serra

Kungwini Eisteddfod – Juf. Cathy Smit