Daar is ‘n plek vir ‘n boer om te gaan as hy vrousoek, maar waar gaan ‘n boer as hy skool soek? Hoekom sou jy jou asem verloor weens die vuil lug van die stad en die vierkantige geboue wat vir jou terugstaar, as jy jou asem kan verloor van pure verwondering!
By Laerskool Kameelfontein werk dinge net anders. Die leerders is nog kaalvoet en vrylopend. Al wat ons leerders hier krap, is die gras onder hulle voete. Die Kammie gemeenskap getuig ook van ‘n kultuur van liefde en omgee en elke onnie ken elke leerder op die naam.
Laerskool Kameelfontein is 'n dinamiese Afrikaanse skool met 'n ryk geskiedenis en 'n landelike atmosfeer, slegs 'n hanetree van die woelige stad. Ervare, toegewyde personeel bou daagliks aan 'n fondasie van goud op ons kinders se lewenspad.
Vir ‘n plaasskool net buite die stad, kom kuier gerus vir ons en kom word deel van die kammierade! Dis ‘n fees om ‘n Kammie te wees!
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit, sed do eiusmod tempor incididunt ...
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit, sed do eiusmod tempor incididunt...
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit, sed do eiusmod tempor incididunt...
Kaartjies vir alle geleenthede is in die WINKEL beskikbaar.