By Laerskool Kameelfontein glo ons dat samewerking en vennootskappe die sleutel tot sukses is. Ons is altyd oop en verwelkom enige borg, skenker of vennoot wat betrokke wil raak om die skool en ons leerders se toekoms te ondersteun.
Ons skool ondersteun sterk fondsinsamelings om die hoë gehalte onderrig en unieke leeromgewing wat ons leerders verdien, te verseker. Borge en venote kan by ons betrokke raak op verskeie maniere, insluitend:
- Gholfdae, sport- en kultuurgeleenthede – borgskap van pryse, spanne of individuele geleenthede.
- Veilings en fondsinsamelingprojekte – skenkings van items, dienste of kontant om spesifieke skoolprojekte te ondersteun.
- Skoolprojek-vennootskappe – samewerking om nuwe infrastruktuur, klaskamerfasiliteite of tegnologiese ontwikkeling te finansier.
- Promosie en blootstelling – u besigheid kan op ons nuusbrief en by skoolgeleenthede bekendgestel word, terwyl u terselfdertyd die ontwikkeling van ons leerders ondersteun.
Deur saam te werk, help borge en venote nie net om akademiese, sport- en kultuurprestasies te bevorder nie, maar dra hulle by tot ’n gemeenskapsomgewing waar elke kind kan groei, leer en skitter. By Kameelfontein waardeer ons elke bydrae en sien dit as ’n belegging in die leerders se toekoms.
