Om Laerskool Kameelfontein te vestig as ‘n skool met ‘n Christelike etos waar kwaliteit onderrig in ‘n unieke leeromgewing aan alle leerders verskaf word, sodat hulle volle potensiaal op beide akademiese en nie-akademiese gebied bereik word.
Ons wil ons visie bereik deur ouers en die gemeenskap te begeester om die skool op alle wyses te ondersteun in die strewe om die visie te verwerklik.
Om standaarde vir leerders op alle vlakke binne en buite die klaskamer dinamies te handhaaf.
Om uitnemende opvoeding deur middel van kwaliteit onderrig, voorligting en fasilitering deur gekwalifiseerde, entoesiastiese en verantwoordelike opvoeders te verskaf.
Om opvoeders aan te stel wat die bogenoemde eienskappe openbaar om sodoende aan ons visie gestalte te gee.
Om ons leerders te bemagtig om as ‘n geheelmens te ontwikkel om hul plek in die samelewing te vervul.
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit, sed do eiusmod tempor incididunt ut labore et dolore magna aliqua.